Wednesday, 20 May 2015

Graad 10: 21 Mei 2015: Bemarking

Vandag in klas het ons 'n bietjie begin raak aan bemarking van 'n Toerisme attraksie of aktiwiteit. Kyk na die video om meer idee's te kry sodat ons more 'n lekker kreatiewe klas kan geniet.


Huiswerk Graad 10: 20 Mei 2015

Hallo Kids

Laat ons gou weer kyk na die huiswerk wat vandag in klas bespreek was. Dit moet klaar wees vir more. 

Kies 'n toerisme bestemming en verduidelik hoekom jy die bestemming wil besoek. Beskryf die toerisme attraksies wat daar voorkom waarvan jy gebruik wil maak of besoek by die bestemming. Gebruik foto's en prente om die attraksies voor te stel. 

Byvoorbeeld: Namibie se Swakopmund.


In Swakopmund is daar 'n besigheid waar quadbiking aangebied word as avontuur aktiwiteit. Dit behels dat daar 'n groep in die duine gaan ry met leiding van 'n toergids.

Net buite Swakopmund is daar 'n Skydiving besigheid ook, waar mens opleiding kan kry of saam met 'n kundige uit die vliegtuig spring.

Aangesien Namibie woestyn ook is, word daar uitrutte op kamele aangebied. Die diere loop met toeriste in die duine met behulp van 'n toergids.